thewebman.co.za

Ek skep webtuistes wat werk. En meer. Oortref die gewone.

As 'n perfeksionis programmeerder is ek reeds sedert 2002 besig om uitstaande webtuistes met die hand te maak.

Die webtuistes wat ek ontwerp en bou hier in Kaapstad, of hul nou klein of groot is, word gedoen na die smaak, vereistes en verwagtinge van plaaslike, nasionale en internasionale kliënte.

Blaai gerus deur die basiese, algemene inligting wat ek hier geplaas het, of van my voorbeelde. Die beste is egter as jy my kontak sodat ons kan gesels oor jou spesifieke Internet behoeftes.

My advies oor jou nuwe of bestaande webblad is sonder verpligting - en gratis.

webtuistes

Die webtuistes wat ek skep word individueel gemaak na die smaak en vereistes van my kliënte.

Anders as baie ander in die plaaslike bedryf, maak ek nie gebruik van "van die rak" webtuistes wat vryelik en soms gratis op die Internet beskikbaar is nie.

Ek verkies om 'n unieke handgemaakte webblad te skep na jou spesifieke behoeftes, een waarop jy trots gaan wees.

aanlyn winkels

Niemand verstaan jou besigheid so goed soos jy nie.

Net so verstaan ek hoe e-handel werk, van die eerste kliek tot by die aflewering van jou verkoopte produk.

Soos ek vir ander tevrede kliënte gedoen het, kan ek ook in jou geval 'n aanlyn winkel skep of dit toevoeg tot jou bestaande webblad. Volledig. Met insluiting van veilige prosesseering van betalings.

In die huidige, vinnig veranderende wêreld, is aanlyn verkope feitlik onontbeerlik. Daar is geen rede waarom jou besigheid nie kan deel in hierdie nuwe neiging nie.

Kontak my vandag nog vir gratis advies, of 'n kwotasie, om 'n aanlyn winkel te skep wat in jou behoeftes sal voorsien.

Ek skep webtuistes hier in Kaapstad na die smaak, verwagtinge en behoeftes van plaaslike, nasionale en internasionale kliënte.

Skakel my gerus vir gratis advies (sonder verpligting) of 'n kwotasies by:
082 349 3700

webman@thewebman.co.za