the webman

082 349 3700

VOORWAARDES WAARONDER DIENS GELEWER WORD

Daar is so paar punte wat ek onder jou aandag moet bring alvorens ons begin.

Oor Domain Naam Registrasie:
ICANN (Internet Corporation for Assigned Names and Numbers) wil seker maak dat ek my werk doen en dring aan dat ek jou meer vertel wat jy as domain eienaar behoort te weet en wat jou regte is. Die amptelike standpunt is hier te sien:
- Wat jy behoort te weet:
http://www.icann.org/en/resources/registrars/registrant-rights/educational
- Jou regte as domain eienaar:
http://www.icann.org/en/resources/registrars/registrant-rights/benefits

Oor Hosting:
Hoewel dit net gaan oor spasie wat gehuur word iewers op 'n rekenaar, is daar belangrike punte wat ek moet aanraak.

Inhoud van webblad:
Jy is vry om feitlik enigiets op jou webblad te plaas. Die volgende word nie toegelaat nie:
- enigiets wat van pornografiese aard is
- enigeiets wat in my opinie, en slegs my opinie, beskou kan word as onvanpas, rasisties, onverdraagsaam, afbrekend, uitdagend of wat as haatspraak beskou kan word
- stoor van of insluit van skakels wat wys na inhoud wat inbreuk maak op die intilektuele eiendom en/of regte van ander soos byvoorbeeld handelsmerke patenteregte of kopiereg

Uptime en/of Downtime:
(Of hoelank jou webwerf van lyn af gaan wees.) 'n Server is net nog 'n rekenaar. En rekenaars, soos ons weet, gaan staan soms. Die hosting diensverskaffers het verskeie persele waar duplikate van alle webtuistes gehou word. As een stelsel gaan staan sal die volgende een outomaties beskikbaar wees. Op die manier behoort jou webtuiste permanent lewendig gehou word. Die diensverskaffers waarborg nie dat diens beskikbaar sal wees as gevolg van een van die volgende nie:
- natuurrampe
- optiese vesel toevoerlyne wat beskadig word
- Registrasie probleme met jou domain naam

Data Integriteit:
Jy is uiteindelik verantwoordelik vir die data op jou webwerf. Hosting diensverskaffers hou wel backups van u data. Daar is egter geen waarborg dat die backup wat hulle het die nuutste weergawe van u webwerf is nie. Indie ek die webwerf gemaak het hou ek wel 'n backup weg van die server. Indien jy ook 'n addisionele backup wil stoor moet jy net daarvoor vra.

SPAM en Ongevraagde kommersiële e-pos:
Niemand van ons hou van SPAM en/of Ongevraagde kommersiële e-posse nie. Netso met die Hosting diensverskaffers. wat 'n baie streng beleid volg in hul benadering tot die uitstuur van Ongevraagde kommersiële e-pos of SPAM deur hulle rekenaars of netwerke. Indien sodanige praktyke deur u webwerf gedoen word, sal die diensverskaffer waarskynlik die diens aan u webwerf onmiddelik opskort.

Kansellasie:
Jy mag die hosting te enige tyd kanselleer met 30 dae skriftelike kennisgewing waarna ek 'n pro-rata terugbetaling sal maak van die fooi, met 'n maksimum van 50% van die oorspronklike fooi.
In die onwaarskynlike geval waar
- die webwerf misbruik word
- onbehoorlike inhoud op die webblad geplaas word
- SPAM of Ongevraagde kommersiële e-pos deur jou webblad versprei word
behou ek die reg voor om die diens sonder terugbetaling van fooie op te skort.

Oor Betaling:
Domain registrasie asook Hosting is dienste wat ek namens jou van buitekontrakteurs aankoop. My betaling aan hulle is streng jaarliks vooruit, en vir dieselfde rede faktureer ek ook jaarliks vooruit. Indien betaling my nie bereik in goeie tyd nie, tensy spesifieke reëlings nie getref is nie, kan die diens opgeskort of selfs gekanselleer word.

Oor Misbruik:
Indien jy sou bewus wees van die misbruik van of deur jou webblad, is jy welkom om dit, met volle besonderhede hier te rapporteer: abuse @ thewebman.co.za waar die nodige aksie geneem sal word en terugvoering aan jou gegee sal word.

the webman