the webman

082 349 3700

SEKURITEIT VAN 'N WEBTUISTE

Sekuriteit van 'n webblad is baie belangrik. So byvoorbeeld sal 'n webblad waarop handelstransaksies gedoen word ook 'n hoër vlak van sekuriteit vereis.

As webblad ontwerpers bou ons sekere vlakke van sekuriteit in elke webblad waar nodig, soos bv. SSL sertifisering - 'n vorm van data enkriptering.

Die primere doel van die gebruik van 'n SSL (Secure Socket Layers) sertifikaat is om 'n veiliger verbinding te skep tussen die rekenaar van die gebruiker en die rekenaar waar die webblad gehou word. Dit bied ook aan kliënte meer gemoedsrus sou daar van hulle verwag word om sensitiewe of persoonlike inligting, soos kredietkaart inligting te voorsien.

As deel van 'n veldtog om 'n veiliger Internet te skep word daar nou baie meer klem geplaas op 'secure websites' deur groot rolspelers soos Google en andere. Soekenjins het reeds begin om meer waarde te plaas op veilige webblaaie en om dit hoër te plaas op die resultate van 'n soekproses. Dit skep weer 'n legio van ander denke en aksies soos byvoorbeeld dat dit selfs die bemarking van webblaaie gaan beïnvloed.

Vir meer inligting oor webblad sekuriteit, die voordele en koste daarvan, kontak my gerus.

the webman