the webman

082 349 3700

WEBTUISTES

Argumente oor waarom 'n besigheid nie 'n webtuiste nodig het nie, is besig om totaal op te raak. 

Wat wel steeds waar is, is dat alle webblaaie nie suksevol is nie. Sommige is niks meer as 'n uitgawe vir die eienaars nie terwyl ander 'n groot rol speel in die bedryf van 'n onderneming. Hetsy as bron van inligting of as die punt waar besigheid gedoen word. En meer.

Ek doen moeite met webtuistes om dit na jou spesifieke behoeftes te skep met klem op dit waarvan mense hou om na te kyk, asook dit wat vir Google en ander soekenjins belangrik is. Die webtuiste sal natuurlik ook net so goed op 'n selfoon as 'n rekenaar werk.

Elke webtuiste wat ek skep is 'n unieke losstaande produk. Ek gebruik nie enige van die 'gratis' platforms (Wordpress, Joomla, Wix en meer) wat jou aan hulle verbind vir altyd nie.

Kontak my gerus vir meer inligting.

JOU BESTAANDE WEBSITE

Indien jou webblad nie aan jou verwagtinge voldoen nie, is daar waarskynlik heelwat wat gedoen kan word sodat dit nie net as 'n uitgawe beskou hoef te word nie. 'n Webblad kan ook 'n bate wees wat vir jou werk.

Sou jy belangstel lewer ek graag my eerlike opinie van jou webtuiste, asook gratis advies, sonder enige verpligting, om die effektiwiteit van jou bestaande webblad te verbeter.

My verslag mag kommentaar en/of aanbevelings insluit ten opsigte van die volgende belangrike komponente van 'n suksesvolle webblad:
• Ontwerp
• Inhoud
• Bemarking
• Wat Google graag wil sien.

My opinie en kwotasie om jou bestaande webblad te verander is gratis. Kontak my gerus.

the webman