the webman

082 349 3700

KOSTE VAN 'N WEBBLAD

Soos met alles in die lewe, is daar 'n prys aan goeie kwaliteit en goeie diens.

Jy mag egter verbaas wees dat 'n goeie webblad jou nie 'n plaas se geld gaan kos nie.

Daar is twee verskillende kostes aan 'n webblad.

KOSTE VAN EIENAARSKAP
Hierdie is 'n vaste koste.
Dit sluit in die registreer van 'n Domain Naam asook die Hosting. Hier by my is dit jaarliks vooruit betaalbaar.

KOSTE VAN MY DIENS
Hierdie is 'n eenmalige koste.
Dit is vir my tyd om 'n webblad te ontwerp/ontwikkel/verander. Dit is betaalbaar soos en wanneer die diens gelewer word.

Ten opsigte van nuwe webtuistes verlang ek 'n deposito van 50% van die beraamde koste. Die balans is betaalbaar wanneer dit voltooi is of 60dae na deposito, wat ook-al eerste gebeur.

Kontak my gerus vir 'n gratis kwotasie.

the webman